Wie Ons Is

Wie Ons Is

Wie is Nuwe Lewe Gesinskerk?

NLGK is ‘n groeiende gemeenskap wat Christus die eerste plek bied, met liefde uitreik, en blywende vervulling geniet. Hier is jy net een keer ‘n vriend, daarna ‘n familielid. Familie is ons PASSIE!!

Ons streef deur ons bediening, evangelisasie, en dissipelskap om mense op ‘n praktiese manier te help om doelgerigte volgelinge van Christus te wees. Ons doel is nie net om dissipels te maak nie, maar om dissipelmakers op te rig, om sodoende meer mense vir Jesus te bereik.

Wat Is NLGK Se Waardes?

Elke gemeente het ‘n bepaalde “bedienings filosofie”. Sekere riglyne waarvolgens die bediening van die gemeente “bedryf” word. By NLGK het ons AGT, waaroor ons baie sterk voel. Ons streef daarin om voortdurend hierdie waardes te verdiep en groter beslag te gee in ons daaglikse handel en wandel.

1. Woord - Vader, Seun, Heilige Gees!
2. Gawes-Gerigte Bedienings
3. Passievolle Spiritualiteit
4. Aanbidding
5. Praktiese Leefgroepe
6. Doelgerigte Evangelisasie
7. Deursigtige Rentmeesterskap
8. Bemagtigende Leierskap

Waarin Glo Ons?

ONS GLO in EEN GOD — Die Vader, Seun en Heilige Gees.

ONS GLO in die Ou & Nuwe Testament,  gegee deur  plenêre  inspirasie, bevat alle waarheid wat nodig is vir geloof en Christelike lewe.

ONS GLO dat mense met ‘n gevalle natuur gebore word en daarom voortdurend geneig is tot die bose.

ONS GLO dat die versoening deur Jesus Christus vir die hele menslike geslag is; en dat elkeen wat hom bekeer en in die Here Jesus Christus glo, geregverdig en wederbaar word en gered word van die heerskappy van die sonde.

ONS GLO dat gelowiges, na wedergeboorte, geheel en al geheilig moet word deur die geloof in die Here Jesus Christus.

ONS GLO dat die Heilige Gees getuig van die nuwe geboorte, en ook van die hele heiligmaking van gelowiges.

ONS GLO dat ons Here sal terugkeer, die dooies sal opgewek sal word en die finale oordeel sal plaasvind.

Ons Gemeente

Nasarener Teologie:

NLGK is een van 31,000 gemeentes van die Kerk van die Nasarener Internasionaal. Ons is dus deel van ‘n wêreldwye familie wat in 164 lande die Evangelie bedien. Ons het onder andere 750 voltydse sendelinge, 55 Universiteite en Bybel kolleges, en ons groei elke jaar met +-145,000 nuwe lidmate.

Die Kerk van die Nasarener Internasionaal staan op drie hoof pilare, nl.

  1. Holiness.
  2. Christian.
  3. Missional.

Feite Oor Die Kerk van die Nasarener

  • 31,000 Gemeentes100%

  • 164 Lande100%

  • 750 Voltydse Sendelinge100%

  • 55 Universiteite en Bybel Kolleges100%

Wil Jy Meer Uitvind Oor Ons Gemeente?