Jeug & Kinders
Jeug & Kinders
In die Bybel sien ons hoe God jong mense kragtig gebruik het. Ons glo met ons hele wese dat dit wel nog vandag so is! Ons wil nie net kinders wen vir die Koninkryk nie, maar toerus vir die JOURNEY saam die Here
Wil U Graag Meer Uitvind Oor Ons Jeug & KInder Bediening
Kinderkerk
VISIE 2024
Waar ons graag wil hê elke kind moet kan groei in Jesus en deel voel van die kerk familie.
Ons begin van volgende jaar af met ons nuwe Kinderkerk program, waar elke kind ook ʼn Kinderkerk boekie sal ontvang. Ons lesse begin met ʼn ysbreker wat sal sorg dat die kinders sommer vet pret sal hê en ook op ʼn speel-speel manier meer oor Jesus sal leer. Ons beplan ook om een keer ʼn kwartaal iets lekker met die kinders te doen.
Ons as personeel sal graag wil sien dat die kinders op ʼn gereelde basis by die Kinderkerk sal wees sodat hul nie uit mis op baie pret nie.
As u in u hart voel om deel te word van die Kinderkerk personeel of idees met ons wil deel kan u ons gerus kontak.
SAAM is ons BETER!
Vir meer inligting:
Miemie Muller – 082 782 4215
Ina Viljoen – 083 305 0368